Suidwes Media

Kokerboom – Afrikaans MP3

Original price was: R15,00.Current price is: R10,00.
Kokerboom-Afr

‘n Diepgaande Afrikaanse gedig deur D. Botes oor die ikoniese Kokerboom (Aloe dichotoma) van Namibia en die Namakwaland — sy biologie, sy eeue-oue geskiedenis en sy stille majesteit in die woestyn. Aflaai as MP3.

SKU: SWA-103-AFR-MP3
Kategorie: , ,


Die Kokerboom (Aloe dichotoma) — in Namibië ook bekend as die Köcherbaum — staan as een van die mees geheimsinnige en treffende simbole van die Suider-Afrikaanse woestynlandskap. In hierdie gedig verken D. Botes die boom se buitengewone biologie, sy stil majesteit tussen die Namib-rante en Namakwalandse koppies, en die diep kulturele nalatenskap wat hy dra — van die San wat sy holtes as pyl houers gebruik het, tot Simon van der Stel wat reeds in 1865 sy bestaan aangeteken het.


Kokerboom

Jou roset van takke en blare wys vinger op hemelwaarts Jou naam verkondig die houers is vir Pyle gedra rugwaarts Jou uitgeholde stam dien in die versengende hitte as koelkas Jou pulp word gekou as water verkry agter die dik boombas

Jy floreer teen rante en Canyons en by ‘n warm en droë adres Jy is bekend in die Namakwaland en die suide van Suidwes Jy roem ook as ‘n woud tog vind ons jou ook alleen en oral Jy word bestuif deur die dwarrel woestyn wind duiwels veral

Jou manlike bome word uitgeken aan ‘n helder geel blom Tussen 20 en 30 jaar verskyn die eerste keer jou knop se blom Jou vroulike bome bestaan uit ligte rooi keëls en kolle groen Tussen 200 en 300 jaar eindig jou plantlewe en laaste seisoen

Die Vink bou in die hoogste deel van jou tak sy reuse nes Waar die Slang en die Jakkals sukkel met hul gewraakte moles Jou mooi goudgeel bas en gevurkte tak en dik groen blaar Gebruik wit poeieragtige stof vir die son so ongenaakbaar

In 1865 maak Simon van der Stel reeds van jou melding In sy noordelike soeke na Koper misken hy jou veredeling Jy reflekteer die seisoen se verandering meer as enige plant Jy verteenwoordig die hart en mooiste deel van ons land

  1. Botes — 28 April 2014

 

0 reviews for Kokerboom – Afrikaans MP3

There are no reviews yet. Only logged in customers who have purchased this product may leave a review. Log in