Oos van Mariental kruip jy behoorlik weg
Omring deur rooi Kalahari duine en suurgras
Gemsbok, springbok en volstruis wat by jou pas
So loop jou pad oos langs die droë Nossob ruweg
Met min seisoen reën lewer jy tog jou volle deel
Jou oostelike buurman die Kalahari Gemsbokpark
Êrens rondom jou swerf dan ‘n verlore ystervark
Oupa Daan se kombi kry by jou geen voordeel
‘n Vulstasie en werkswinkel vorm jou sake kern
Jou Informasie sentrum huisves jou geskiedenis
Jou klein winkeltjies lewer aan ons ‘n lafenis
Jy kruip hier weg en weier ‘n moderne lewe
Aranos! Die kalahari se trots!
Aranos! Ons steenrots!
