Vir baie jare was jy alom bekend
as die dorp met die oudste gebou.
Vroeër was jy Klipfontein se monument
met ds Heinrich Schmelon wat van jou hou.
Ds. Schmelon verlaat jou oor kerkloosheid
alhoewel hy op sy knieë voor jou kruip.
Warmbad se 1811 kerk as oudste besluit
terwyl jy hard spook om alles vas te gryp.
Jou Schmelonhaus van 1814 verhaal
die Klipkerk en toring jare later voltooi.
Jou dorre en droë rotsagtige vlaktes staal
hulself teen die natuur se aanslae as prooi.
Om jou lê die lope van die Konkiep rivier
met die Schwartz rand wat regs uit troon.
Eens het die Rooi Nasie jou velde bestuur
en is die eerste koopkontrak hier vertoon.
Tussen Goageb en Helmeringhausen lê Bethanie
Hier waar mense erken daar is min jou eweknie!
