Swartgoud

Home
/
Gedigte
/
Swartgoud
👁 12 keer gelees

Die Karakoel skaapras is bekend in gebiede met droe klimaat toestande en ontwikkel dan ‘n swaar vetstert Hierin word sy reserwe voedsel vir droogte tye gestoor sy ramme het goed gevormde horings en ooie is horingloos Die vernaamste karakoel bedryf in Afrika is in Namibie gevestig in die noorde van Kaapland word ook met die skaapras geboer In Namibie en Suid-Afrika word die ras onder Swakara bemark en word dan hoofsaaklik op die Londense pels veilings verkoop Swakara pelse maak die helfte van die pelse op die veiling uit en is uiters gewild onder die voorste mode ontwerpers Dit is dan ‘n stewige skaap met ‘n langerige haaragtige vag en pas gebore lammetjie se hare is kort en le in klein krulle In Namibie word die karakoel boerdery op ‘n groot skaal bedryf en is dit ook ‘n baie belangrike deel van ons land se ekonomie Ons eerste karakoel skape is in negentien sewe van Hamburg in Wes-Duitsland na Swakopmund vir ons Heimat ingevoer Ons swartgoud pelse stuur ons na ‘n veredelaar vir ‘n mooi jas ons onderskei tussen verskillende tipes krul wat belangrik is ‘n Ontwikkelende vlakkrul, ‘n watersy krul en ‘n pyp krul grys en wit pelse is ook gewoonlik duurder as bruin en swart Swakara is ‘n mode pels wat ‘n hoe aansien geniet in die mode Duitsland en Italie is die grootste kopers van Swakara pelse Europese lande en Noord-Amerika gee voorkeur aan Swakara Ons kliente is van die bekendste mode ontwerpers is die wereld [Outro] Karrakoel swartgoud – daar is boere wat jou hoog aanslaan Karrakoel swartgoud – daar is boere wat jou verstaan Karrakoel swartgoud – daar is boere wat by jou stilstaan Karrakoel swartgoud – daar is boere wat by jou volstaan DJ Botes 14-01-2026

← Vorige Gedig

Meine Heimat – Deutsch

Volgende Gedig →

Karakul-Schafe