So hard soos Kameeldoring

Home
/
Gedigte
/
So hard soos Kameeldoring
👁 6 keer gelees

Wanneer ek rondom my kyk, is ek ook alleen Al die bekendes is ook al weg, tog net geleen Die bome in hierdie bos, word tans net minder Dankie vir elkeen se insette, op hierdie reis [Chorus] So hard soos onse, ou Kameeldoring hout So smag my hart, baie dae na my Heimat So dryf my verlange, nou verder van my weg So sien ek jou soms, in my drome nog verrys Elkeen wat ‘n merk, gemaak het in ons land Loop tog voor, want die ander sal jou volg Hierdie Heimat sif, beslis die sterkes ook uit Help ook tog die, wat nou al stadig begin loop Vir baie loop hierdie, uurglas al vinnig leeg Staan dan trots en fier, tot die laaste basuin Bloed, sweet en trane, het jou hier gebring Roep uit volle bors, want jy het nou oorwin Vorentoe is baie se laaste, lewens en skadu uur Laat ons rus vind, in ons dierbare Heimat land Op ‘n duin by Langstrand, sien ons die son sak Soos die laaste strale verdwyn, roep ons halt [Outro] Maak seker jou vrede, rus op die regte plek Skuil onder Sy vleuels, gereed om te vertrek DJ Botes 23-01-2026

← Vorige Gedig

Karakul-Schafe

Volgende Gedig →

So hart wie Kameldorn