Slag van Kub

Home
/
Gedigte
/
Slag van Kub
👁 5 keer gelees

In die negentien honderds beset die destydse Dorslandtrekker en die Voortrekker jou Hier op die plaas Voigtkub vyf en twintig kilometer van Kalkrand met nog min gebou Jou Polisie stasie, Hotel en negentien honderd en drie se eerste Afrikaanse skool getrou Hier teen die Bo Visrivier begin die Afrikaner ontwaking ook nou stadig om te ontvou ‘n Heilige oorlog van Hendrik Witbooi as opdrag bring nou as ‘n wrede moord Elke Boer en seuns op twee Oktober negentien honderd en vier in volle nood Een na die ander word onverwags gruwelik vermoor met nerens ‘n vlug oord Selfs eerwaardes en hul ouderlinge word onverhoeds voor die voet vermoor Hendrik Smit se gesin met ook andere word uitgewis so gruwelik en wreed Een klein seuntjie oorleef wonderbaarlik omrede hy ‘n rokkie dra in sy leed Die vroue vlug na Upington en begrawe ook nog kinders in hul roukleed Die orige Boere begin laer opslaan by Kub in hul hart ‘n smartlike treurlied Dirk Booysen met een en dertig weerbare manne begin die eerste terug veg Saam met veertig Duitse troepe en een kanon staan hulle teen die vyand loodreg Teen Witbooi se twee duisend vyf honderd berede mans in hierdie woeste geveg Met die aanval op sy felste kom redding skielik vanuit die noorde op hulle weg Oberst Diemling en sy Duitse troepe vanaf Waterberg kom help in hierdie slag Die Namas begin retireer en begin vlug en word agtervolg en nou word hul gejaag Hendrik Witbooi se huis en kerk word die lug in opgeblaas in ‘n verwoede aanslag Meteens stort ‘n haelstorm uit die hemel uit oor net die Namas en gee die doodslag Dorslandtrekkers en Voortrekkers groepeer in vlugteling kampe vir die volgende drie jaar Die Slag van Kub demonstreer ‘n vuur van die patriot en swerwer so heel onblusbaar!

← Vorige Gedig

Hoba Meteorit – Duits

Volgende Gedig →

Slag van Kub – Duits