Daar is geen land, in die wereld soos jy. Die reuk van jou veld, bring heimwee na my. Jou riviere het geen, blywende water in. Jou kameeldoring en mopanie, met haakdoring. [Chorus] My heimat – my verlange word net meer! My heimat – sal ek ooit weer terugkeer! My heimat – niks bemoedig my hart so seer! My heimat – my geboorte hier gelanseer! Wanneer jou sand, deur my vingers gly. Wanneer jou sonsondergang, die weste verkleur. Wanneer jou koelte, my wese filtreer. Wanneer jou nag geluide, my bybly. [Chorus] My heimat – my verlange word net meer! My heimat – sal ek ooit weer terugkeer! My heimat – niks bemoedig my hart so seer! My heimat – my geboorte hier gelanseer! Vele van ons is deur, die wereld versprei. Tog verlang ons na jou, in elke gesprek. Jou verhale bring, ons gedagtes in plek. Ons stil ons verlange, met skrywery. Van Rundu, tot in ons ou Windhoek. Van Walvis, oor Windhoek na Gobabis. Van Karasburg, oor Keetmans na Luderitz. Roep ons halt, anders breek ons hart. DJ Botes 2025-10-10