My Heimat en Geboortegrond

Home
/
Gedigte
/
My Heimat en Geboortegrond
👁 8 keer gelees

Ons Heimat is kliphard soos Kameeldoringhout Sy wind droog die aarde vinnig oor sy vlaktes Sy son brand genadeloos neer in sy somers Sy veld wag geduldig op elke druppel genade [Chorus] Wat sal ons se as ons ‘n keuse moet maak Of hierdie geboortegrond aan ons behoort Ons sal kliphard ons stemme dan verhef Suidwes jy is ons Heimat tot in ewigheid! Met bloed en sweet en trane duur betaal Vir elke stukkie getemde Heimat grond In ons geboorteland durf ons elke uitdaging Aan met uithouermoe nerens anders gesien [Chorus] Wat sal ons se as ons ‘n keuse moet maak Of hierdie geboortegrond aan ons behoort Ons sal kliphard ons stemme dan verhef Suidwes jy is ons Heimat tot in ewigheid! Kies saam met my die beste land in die wereld Genoeg ruimte vir almal wat in vrede wil woon Loop voor en bemoedig dan jou medemens Hierdie land kruip so maklik onder jou vel in [Outro] Suidwes jy is ons Heimat tot in ewigheid! Tot in alle ewigheid is jy nou ons Heimat! DJ Botes 2011

Volgende Gedig →

Meine Heimat und Geburtsstatte