Hoba

Home
/
Gedigte
/
Hoba
👁 4 keer gelees

Jy is bekend as die grootste, meteoriet ter wereld Jou sestig ton, vir ‘n 3 by 3 by 1 meter vierkant rots Blykbaar die aarde se atmosfeer skeef mee gebots Jy is uit Yster, Nikkel en Kobalt deur vuur gesmelt Yodel-Ay-Ee-Ooo, Yodel-Ay-Ee-Ooo Hoba, jy is Grootfontein se trots! Ons salueer jou vandag, ons yster rots! In negentien twintig deur Jacobus Hermanus Brits ontdek Met sy ploeg en sy os is hulle skielik tot stilstand geruk Op sy plaas Hobas Wes rus hierdie rotsblok as ‘n unieke stuk Nou ‘n Nasionale monument wat verbasing by almal wek Hier suid van Grootfontein, in die Otavi berge se vallei Wonder ons nog steeds, waar jou krater dan moes bly Baie mense het al probeer, om stukkies van jou af te sny Dan het hulle verlee die aftog geblaas, na ‘n groot baklei

← Vorige Gedig

Gross Barmen – Duits

Volgende Gedig →

Hoba Meteorit – Duits