,

Bring my terug

Home
/
Gedigte
/
Bring my terug
👁 22 keer gelees

Wanneer my tyd hier op aarde se uurglas ook uitgeloop het Vra ek my familie om tog te onthou wat my laaste wens is Swakop se begraafplaas is naby genoeg aan my Weskus Party verkies die wonderlike uitsig heel bo-op duin sewe As ek nog in my Heimat woon bring my tog na my Weskus As ek nie meer hier woon nie bring my asseblief net terug Bring my asseblief net terug na my geboorteland se grond Bring my terug sodat hierdie land se kluite op my mag val As my wens dan die plaasgrond is waarop ek geboer het Verseker dit is aan die skadukant van n Kameeldoringboom Wanneer die trompette dan blaas sodat ons kan herrys Mag dit uit my Heimat dan wees wat ek so bitter lief het Mag ons dan altyd dankbaar wees oor hierdie voorreg Om in ons geliefde Heimat te woon tot ons laaste asemteug. DJ Botes 02-02-2026

← Vorige Gedig

So hart wie Kameldorn

Volgende Gedig →

My Beste Maats