Pronto Canyon

Home
/
Gedigte
/
Pronto Canyon
👁 7 keer gelees

As die Aub rivier se waters bulderend oor jou watervalle stort Hou jou Canyon grense die waters gehoorsaam nog op koers Tot waar dit dan uiteindelik uitbars in die Visrivier se grootsheid Jou water se krag word dan gebreek met die eerste oggendstond [Chorus] Jy is die mooiste Canyon naby Mariental in ons geliefde Suidland Ons snak na ons asem wanneer ons van bo oor jou ravyne kyk Wanneer ons onder in jou dan loop troon jou prag die hemel uit Ons staan verwonderd soos jou beelde saam met die son verander Baie vroeg in die oggendson le jou groot waterkuile so blink getooi Jou dassies le lui lekker op sandsteen rotse hier voor ons en loer Heeltyd bestudeer hul die hemel vir die groot gevaar uit die hoogtes Ook is jou Canyon in maan verligte nagte ‘n romantieke spieelbeeld Ons let op hoe ongelooflik verskil dit hier by jou tussen dag en nag Ons verkyk ons aan die gesigte in soveel verskillende klipbanke in jou Jou preekstoel staan statig en lewer pragtige boodskappe om te hoor Die prewel van lippe klink soos engele wat sweef op die aandwind stilte [Outro] Nog nooit het enige Canyon erens soveel impak op ons gehad nie Ons kan ure sit en elke beweging in jou dophou in die sagste stilte Soos die laaste sonstrale in die weste jou beeld heeltyd verander So bring jy ons tot rus in ons geliefde Heimat en Suidland grond

← Vorige Gedig

Niemandsland – Engels

Volgende Gedig →

Dordabis