Eet jou melkbeeste nog so baie die bitterbessiebos Smaak jou water uit die oMaruru fontein nog so bitter Is Kristall Kellerei nog jou eiesoortige wyne se besitter Is jy nog tussen Angola en die Kaap die handelspos Is daar nog soveel rotstekeninge in Paula se grot Dinosourus spore op die plaas Otjihaenanamapaero Getuig die Franke toring nog die slag van die Herero Hoeveel Schnapps word gebrou in jou driebeenpot Vervaardigeur van sjokolade, kaas en drie soorte wyn Jou gewese sendingstasie in ‘n feite museum omskep Die skadu’s van jou Kameeldoringbome ons hartklop Jou Omaruru rivier mond uit daar by Henties se duin Hier by jou het ek my motorlisensie dan ook gekry Hoeveel biltong is by die Engelbrechts opgesny Die grasie van jou Kudus en Gemsbokke altyd beny Jy is een van daardie dorpe wat ‘n mens maklik liefkry! Omaruru! Seker een van die mooiste dorpe! Oom Kosie se huis ook eers hier!