In die Noorde se vlak oshanas oerwoud jou Makalani palm In Ovamboland se oewers en panne tower jy rustig en kalm ‘n Volwasse Makalani word plaaslik Omulunga toegeroep ‘n Jong plant word Oshivale voorgestel aan die toergroep Oor 4 seisoene produseer jy 2000 vrugte as vroulike plant Jou ronde tipe kokosneute bly altyd ‘n lekkerny vir ‘n Olifant Jou penwortel delf diep vir elke druppel souterige watersug Van 7 meter tot selfs 18 meter hoog troon jy in die blou se lug Jou jong palms produseer dan werklik eers saad na 50 jaar Tussen September en April sal jou vrugte se blomtyd baljaar Jou saad neem dan 2 jaar om te groei en 2 jaar om af te val Nog 2 jaar om te ontkiem voor jy julle as palms kan uitstal Jou palmwyn heet Ombike en bedreig jou voortbestaan Jou neute en pulp is vir die Ovambo ‘n nodige toevoerkraan Jou blare vleg ook mooi mandjies en dek vele hutte se dakke Jy bied vir die swaeltjie ‘n veilige nes en broeiplek in jou takke Makalani palm – deesdae sleutel houers van jou neute! Makalani palm – Ovambo land se wegneem ete!