Namib-Woestyn

Home
/
Gedigte
/
Namib-Woestyn
👁 5 keer gelees

Lig oranje sandkorrels gly stadig deur my hand Watter byvoeglike naam beskryf my stamland Eindelose duine wat in rye golf soos ‘n sandsee Oor tweeduisend kilometer is jy pragtig geklee [Chorus] Oor riviere kon jou verskuiwende duine nog nie klim As oudste woestyn maak jou foto’s die mooiste album Halveer jou Steenbokskeerkring ander woestyne ook Vriesend koue nagte met dag temperature wat kook Reuse strande van die Sperrgebiet tot by Skedelkus Dors jou koue Benguela dier en plant se water lus Elke derde dag rol jou misgordyn as lewensdraad Jou Toktokkie en Veelhoringadder se noodvoorraad [Chorus] Oor riviere kon jou verskuiwende duine nog nie klim As oudste woestyn maak jou foto’s die mooiste album Halveer jou Steenbokskeerkring ander woestyne ook Vriesend koue nagte met dag temperature wat kook Jou diamante is versteek in die verbode Sperrgebiet Jou skeep begraafplaas by die Skedelkus so morbied Met oostewind en tyd eis jy genadeloos weer terug Wat onkundiges leen in hulle voortdurende genotsug Jou Naukluft Park se ravyne is steeds nou en smal Jou duine van Sossusvlei op poskaarte uitgestal Jou Woestyn Olifante soek in jou gruis vlakte water Jou Skedelkus Leeus migreer rond as wild jagter Geen sand voel en loop soos joune in my hand Ure lank ondersoek ek jou kleure op die strand Ongeewenaard is jy gemaak deur ons Skepper Gevorm en vervolmaak deur ons Pottebakker

← Vorige Gedig

Lied van die Namib

Volgende Gedig →

Karibib