Langstrand

Home
/
Gedigte
/
Langstrand
👁 4 keer gelees

Tussen Swakop en Walvis, is ons geliefde Langstrand Pragtig huise het die, ou asbes pogings al vervang In die aandskemering, skyn liggies van groot skepe Die oostewind is geniepsig, en niemand se vriend [Chorus] Tussen jou twee duine, wag ons geliefde Langstrand Waar honderde bakkies, jou duine Desember toepak Hoeveel weet dat jou duine, ook brul aan die oorkant Hoeveel prag huise, van binnelanders is hier parkeer Dan pronk ook nog, Dolfyn strand na Walvis se kant Die koue Benguela, bring mis oor die Atlantiese oseaan Tussen die Namib, en die diep blou see troon jy uit Duinry en vier wiel, motorfietse jou toeriste attraksie [Chorus] Tussen jou twee duine, wag ons geliefde Langstrand Waar honderde bakkies, jou duine Desember toepak Hoeveel weet dat jou duine, ook brul aan die oorkant Hoeveel prag huise, van binnelanders is hier parkeer Wie weet naby jou is, die historiese kanon se fondasie Hier kamp die binnelanders, en geniet die koel see weer Fotos van voels, en dolfyne tot Walvisse wat wag Vergeet nie die langste, Palm laning in die geweste [Chorus] Tussen jou twee duine, wag ons geliefde Langstrand Waar honderde bakkies, jou duine Desember toepak Hoeveel weet dat jou duine, ook brul aan die oorkant Hoeveel prag huise, van binnelanders is hier parkeer Rondom negentien sewentig, begin jy hier ontwikkel Ons sewe jariges, het geen idee wat jy nog gaan word Jou Jetty en promenade, streel ons sintuie so gepas Pelican Point beskerm jou, teen die suidwestelike wind [Outro] Langstrand jy vou om elke, besoeker se hart so konstant Ry ons hier bly ‘n stukkie, van ons elkeen in die waaisand DJ Botes 2015

← Vorige Gedig

Kamanjab

Volgende Gedig →

Ganab