Karibib

Home
/
Gedigte
/
Karibib
👁 5 keer gelees

Wat is witter as jou beroemde marmer klip Wie is dan ouer as jou Roesenmannhaus Of jou Kaiserbrunnen en jou Wolhaus Jou lughawe is vir die lugmag uitgeknip Van Otjimbingwe koop her Halbich jou watergat Wie weet dat jou marmer aan Italie behoort Dat jou trein by Kranzberg noorde toe stoot Tussen Windhoek en Swakop roep jy halfpad Jou Duitse argitektuur neffens die Khanrivier Jou Erongoberge altyd ‘n foto plesier Jou grasvlaktes wat die verte intuur Jou marmer wat die wereld versier Karibib – Marmer klip

← Vorige Gedig

Namib-Woestyn

Volgende Gedig →

Brukkaros