Hier in Damaraland lewer jy ‘n broodnodige welstand Jou Herero naam van Plek van Klippe is tog ook briljant Jou rotstekening by Peet Alberts Koppie beskryf ons land In jou rivierlope wandel die nomadiese Woestyn olifant [Chorus] Kamanjab jy is amper net bekend vir ‘n vinnige stop Jou toeriste staan verbaas hoe jy dan kan bestaan Ons ander weet van beter want baie paaie eindig hier Okamanja genoem en nou die baadjie van Kamanjab Jou Himba nedersettings rondom verhaal die rooi nasie Jou Algemene winkel, Bakkery, Ruskamp en Vulstasie Voltooi die Polisie stasie en Poskantoor ook in formasie Noordwes is Sesfontein, Opuwo en Ruacana se navigasie [Chorus] Kamanjab jy is amper net bekend vir ‘n vinnige stop Jou toeriste staan verbaas hoe jy dan kan bestaan Ons ander weet van beter want baie paaie eindig hier Okamanja genoem en nou die baadjie van Kamanjab Reg noord is skoonpa se gewese spogplaas Spaarsaam Ook Etosha Panne is sommer naby jou as ‘n wereldnaam Ons rol ons eerste motor neffens jou so onbedagsaam Tydens ons terugstap na jou ons dankbaarheid beraam [Chorus] Kamanjab jy is amper net bekend vir ‘n vinnige stop Jou toeriste staan verbaas hoe jy dan kan bestaan Ons ander weet van beter want baie paaie eindig hier Okamanja genoem en nou die baadjie van Kamanjab