Kalkrand

Home
/
Gedigte
/
Kalkrand
👁 4 keer gelees

vroeër Weissrand en nou veel beter bekend as Die Kalk Die unieke Kalkklip Rand tussen Rehoboth en Mariental Oos van Kub langs die hoofpad met jou huise in die tiental Voortsnellende verbygangers sorg vir die kos van ‘n valk [Chorus] Kalkrand – Volgende keer maak ons ‘n punt om by jou te stop Kalkrand – Jy verdien meer as net klandisie by die bottelprop Jy oorleef beslis van die beste beeste en vetste kleinvee ‘n Shell vulstasie, Skool, Polisie stasie en enigste Kliniek ‘n Wegneem stalletjie en Bottel stoor voltooi die statistiek Noord is Duineveld met Springbok en Karakul vel as trofee [Chorus] Kalkrand – Volgende keer maak ons ‘n punt om by jou te stop Kalkrand – Jy verdien meer as net klandisie by die bottelprop Suidwes van jou het die Slag van Kub neffens die Vis gebeur In negentien honderd en vier tussen Boer en Duitser en Namas Hier op die plaas Voigtskub staan die monument by die Visrivier Die eerste Afrikaans skool gestig in negentien honderd en drie [Outro] Kalkrand – Volgende keer maak ons ‘n punt om by jou te stop Kalkrand – Jy verdien meer as net klandisie by die bottelprop

← Vorige Gedig

Hochfeld

Volgende Gedig →

Kamanjab