Alle treurigheid word nou eenkant geskuif vir ‘n jubellied Watter byvoeglike naamwoorde kan my stam land beskryf Wanneer jy die Oranje oorsteek verander jou hele gemoed Daar is baie groot stukke van niks en dit stop nie gou nie [Chorus] My geliefde land verruil ek vir niks en net hier wil ek altyd bly Hier kyk en ondersoek jy met jou hart en nie met jou oë nie Hier ervaar jy dinge in jou gees en nie net ter aanskoue nie Hier jubel jy oor een druppel genade water en sit in ‘n poel Hier hardloop jy voor die water van die rivier na ‘n stortreën Hier is rooi duine van die Kalahari wat verhale kan vertel Hier is ligbruin Namib duine wat duinry opwindend maak Hier is brochens wat niemand beter as ons Duitsers kan bak [Chorus] My geliefde land verruil ek vir niks en net hier wil ek altyd bly Hier kyk en ondersoek jy met jou hart en nie met jou oë nie Hier ervaar jy dinge in jou gees en nie net ter aanskoue nie Hier jubel jy oor een druppel genade water en sit in ‘n poel Niemand is perfek nie, maar as jy hier bly is jy baie naby daaraan Oor die hele wêreld bly gebore Suidwesters en almal verlang Mag hierdie lied u om arm en so ‘n bietjie vertroosting bring Sing die Suidwester lied kliphard en braai ‘n gemsbok steak [Chorus] My geliefde land verruil ek vir niks en net hier wil ek altyd bly Hier kyk en ondersoek jy met jou hart en nie met jou oë nie Hier ervaar jy dinge in jou gees en nie net ter aanskoue nie Hier jubel jy oor een druppel genade water en sit in ‘n poel Hier bly die beste biltong boer klonge in die hele wye wêreld In die winter trek hulle twee kortbroeke aan en skrik vir niks ‘n Bakkie is ‘n moet en sonder dit is jy eintlik ‘n nul op ‘n kontrak In hierdie land bly geharde temmers en vasbyters wat weet hoe [Outro] Suidwes my geboortegrond jy steek my hart altyd aan die brand Tussen jou en my is ons onafskeidbaar verbind met ‘n liefdesband DJ Botes 19-02-2026