Ganab

Home
/
Gedigte
/
Ganab
👁 5 keer gelees

Aan die woestyn kant van die Namib Naukluft Park Tussen die twee hoof grondpaaie vanaf Windhoek Nestel jou vyf kampplekke in ons volgende reisboek Jou kleine watergat met Gemsbok, Zebra en Vlakvark [Chorus] By jou sien ons met ons hart en nie met ons blote oog By jou verstaan ons wat is ‘n wye wêreld se hemelboog Elke kampplek uitgelê met klip en Kameeldoringboom Benodig ons ‘n permit hier neffens jou droë rivierloop Jou Lister enjin pomp ritmies water vir ‘n lewenshoop Jou Volstruis, Korhaan en Uil wat ook hier saamstroom [Chorus] By jou sien ons met ons hart en nie met ons blote oog By jou verstaan ons wat is ‘n wye wêreld se hemelboog Jou absolute stilte bring in ons ‘n smagtende opbouing Jou miljoen sterre snags laat ons woordeloos en stom Jou uitkyke en vlaktes is wat ons gejaagde lewe kortkom Jou naambord hang op ‘n klip vir ons as nodige inligting [Chorus] By jou sien ons met ons hart en nie met ons blote oog By jou verstaan ons wat is ‘n wye wêreld se hemelboog

← Vorige Gedig

Langstrand

Volgende Gedig →

Marzipan