Baron Kaptein Hans Heinrich von Wolf jou plan meester Jou rooi sandsteen gemyn twee kilometer van jou heuwel Res van jou menige materiaal vanaf Duitsland spesiaal bestel Luderitzbucht as jou getuie en jou poort se hawemeester Duwisib hoe hartseer is jou wonderlike sprokies verhaal Alles is vir Baron von Wolf en sy geliefde Barones Jayta In jou binnehof staan n pragtige verdwaalde spuitfontein Palmbome nog deur jou meester geplant in n reguit lyn Jou klipmesselaars ingevoer van Italie Swede en ook Ierland Jou 1908 fondasie met 22 kamers en n binnehof In 1916 sneuwel jou Baron in Frankryk met die Slag van Somme Jou rasegte stoet perde skielik sonder hulle meester en baas Gebou op n heuwel en ook deur twee droe rivier lope omring Jou goudgeel gras saam met jou doring bome bly ons verras D.Botes 22-12-2013
