Jou gesmelte rots en ondergrondse meer hier opgebou Dit veroorsaak n reuse ontploffing vir lank nog onthou Jou Nama naam Geitsi Gubib vir broek en leervoorskoot Verhaal n ringvormige krater hier in die suide ontbloot Brukkaros! Uit die ruimte sien ons duidelik eerste jou ring Brukkaros! Jou kokerbome groei welig in jou kratervloer Duisend vyfhonderd ses en tagtig meter hoer as seevlak Kratervloer driehonderd en vyftig meter onder die rand. Jou rustende vulkaan aktiwiteite het nou vir eers gestop Jou droe waterval is hier in die suide kant dan stroomop Jou waarnemingspos meet nie meer die uitstraling van die son Jou sendingstasie by Berseba verskyn op die westelike horison In Afrikaans is na die lendekleed verwys as n broek-en-karos in Duits word dit Brukkaros waar n heliograafstasie eens verrys. Dit is moeilik om jou te besoek want jou paaie is onbegaanbaar D.Botes 24-8-2013
