,

Brandberg

Home
/
Gedigte
/
Brandberg
👁 4 keer gelees

In Suidwes is jy beslis die heel hoogste berg Jou massiewe graniet ontplof saans in rooi Net 50 kilometer van die see gloei jy so mooi Tsisab en Numas valleie word deur jou verdwerg Jodel o Jodel Hoogste berg in ons Heimat Jodel o Jodel Pragtig gloei jy as die son sak Jou Koningstein piek reik na die hemel uit Jou graniet deur n vulkaan pyp uitgedruk Nabye Doris en Messum kraters wat beindruk Jou Wit Vrou rotstekening wereldwyd bekend Grootste buitelug kuns gallery in Damaraland n Swart Renoster en dwalende woestyn Olifant Loop in die laaste sonstrale aan jou westekant Brandberg – Rooiberg – Gloeiberg – Hoogberg D.Botes 29-11-2013

← Vorige Gedig

Bethanie

Volgende Gedig →

Die Legende des Brandbergs